Kweek u eie Perskes

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Perskes

Perskes is ’n ongelooflik veelsydige vrugtesoort en is heerlik net so vars of ingemaak, in gebak of geregte. Dit is ook verrassend maklik om te kweek. U kan dit met die perskepitte kweek deur dit in grond wat ryk aan kompos is, te plant en die saailinge dan in die tuin te plant. Die perskebome wat egter by ons drie takke in Bellville, Milnerton en Kenilworth te koop is, is voortgeplant deur middel van okulasie, wat beteken dit sal baie gouer vrug dra as bome wat van pitte gekweek is.

Hier is ’n klompie plantwenke om u perskeboom sommer goed te laat wegspring :

  • Perskebome kan tot 4.5 m in deursnee groei, sorg dus dat u dit minstens 6 meter uit mekaar plant.
  • Grond wat goed dreineer en sonlig is noodsaaklik om vrugte voort te bring. Soek ’n plek uit wat vroeë oggendson kry sodat die nag se dou gou sal droog word.
  • Perskebome moet 45 cm diep geplant word. Gee ’n deklaag van dennenaalde op die grond om ’n effens suurderige mengsel te verseker.
  • In die somer moet perskebome een keer per week water kry, maar in die winter kan u op die reën staatmaak om u bome nat te maak.
  • Perskebome is selfbevrugtend, dus kan u ’n goeie oes van net een boom verwag.

Shop online

divider