Stel jou kinders aan tuinmaak voor

divider

DIY and how-to

Stel jou kinders aan tuinmaak voor

Tuinmaak is ’n wonderlike aktiwiteit vir kinders en ’n goeie manier om kleingoed besig te hou in die skoolvakansie.

So kan jy van jou kleingoed ywerige tuiniers maak:

  • Begin deur interessante houers te soek. Gebruik ou emmers, bakke, blikke en bekers om in te plant. Of gaan koop goedkoop, helderkleurige plastiekhouers. Maak dreineringsgate in die bodems van al die houers en vul hulle met potplantgrond.
  • Skaf dan kindergrootte tuingereedskap aan. Stodels hou ’n wye reeks klein, helderkleurige tuingereedskap aan wat ideaal vir kinders is. Of gebruik ou kombuisvurke en -lepels.
  • Nou is dit tyd om te plant. Groepeer al die houers op ʼn patio buite en saai die saad versigtig of plant die saailinge daarin voordat dit goed natgemaak word. Sit ʼn stok in elke houer met die plant, of u kind, se naam daarop, sodat hulle die vordering van hul plante kan dophou.
  • Baie groentesoorte is vinnig en maklik vir kinders om te kweek. Radyse groei baie vinnig en is drie weke nadat dit gesaai is, gereed om geëet te word. Kersietamaties is ook ʼn goeie keuse – kinders hou van hul helder kleure (wat wissel van helderrooi tot geel) en soet smaak.
  • Sonneblomme is nog ʼn goeie keuse vir kinders – dit word tot twee meter hoog en hul sade is ook eetbaar.
  • Plant petunia- en kappertjiesaailinge – albei is kleurryk en verg baie min onderhoud.