Puik keuses vir klein tuine

divider

DIY and how-to

Puik keuses vir klein tuine

Aanplanting in klein tuine of op balkonne kan nogal moeilik wees, maar met die regte plante kan jy selfs die kleinste buite-area in ‘n stukkie paradys omtower.

Hier is ’n paar uitstekende keuses vir klein tuine:

  • Verbleikblom (Brunfelsia spp.) groei goed in volson of gedeeltelike skadu. Dit is halfgehard en groei goed in houers. Dit dra masses wit, lila en pers blomme wat ’n heerlike soet reuk het.
  • Asalea is ’n uitstekende houerplant vir halfskaduplekke. Dit blom in die lente, maar het aantreklike immergroen blare regdeur die jaar.
  • Stachys Lanata is ’n aantreklike grysgroen grondbedekker wat ideaal is om donker hoekies op te helder. Dit groei goed in son en halfskadu en is ongelooflik gehard.
  • Die inheemse Gousblom (Arctotis) groei goed in potte, rotstuine en tuinwalle. Dit groei die beste in volson en sal sterk wind en baie koue toestande verdra. Dit is in ’n verskeidenheid helder kleure te kry.
  • Klimplante is ’n uitstekende keuse vir klein tuine omdat dit die illusie van ruimte skep deurdat dit die oog na bo lei. Probeer bougainvillea, swartoognooi, rankrose, clematis en pronkertjies.