Kruie – Roosmaryn

divider

Kitchen gardening

Roosmaryn

Roosmaryn is baie maklik om te kweek, dus is dit die ideale krui om te kies as u die eerste keer met ’n kruietuin begin. Benewens hul heerlik geurige blare en fyn blou blommetjies, groei roosmarynplante ook tot groot tuinplante wat in heinings of vormbome gesnoei kan word. Dít moet u weet oor die kweek en gebruike van dié geharde Mediterreense krui:

Plantwenke :

  • Kies ’n plek in u tuin wat volson kry en waar die grond goed dreineer.
  • Spit ’n gat vir u roosmarynplant en skep ’n laag gruisklippies onderin die gat om dreinering aan te help – roosmaryn kan dit nie verdra om deurdrenk van water te wees nie.
  • Haal die roosmarynplant versigtig uit die kwekeryhouer en plant dit op dieselfde diepte in die gat wat u voorberei het. Probeer die wortelstelsel so min as moontlik ontwrig.
  • Maak roosmaryn in die somermaande ongeveer een keer per week nat. Dit hoef nie in die winter natgemaak te word nie.
  • Snoei u roosmarynplant een keer per jaar nadat dit geblom het om dit netjies te hou.

Gebruike :

  • Gebruik roosmaryn om braaihoender, gebraaide lamsvleis en gebraaide groente te geur.
  • Roosmaryn het natuurlike antiseptiese en anti-bakteriese eienskappe. Tee wat gemaak is van vars roosmarynblare en kookwater help om hoofpyne en verkoue- en griepsimptome te verlig.
  • Maak roosmarynstroop deur drie takkies roosmaryn, 375 ml water en een koppie suiker saam te kook. Die stroop is heerlik oor roomys of vrugteslaai.
  • Gebruik roosmarynblare om ’n marinade vir hoendersosaties te maak. Gebruik dan die stingels (blare verwyder) as stokkies vir die sosaties.

    Shop online

    divider