Kruie – Tiemie

divider

Kitchen gardening

Tiemie

Tiemie is ’n meerjarige, geharde kruisoort wat waterwys, maklik om te kweek en heerlik geurig is. Dit word op groot skaal in kos gebruik, het sterk antiseptiese eienskappe en baie variëteite is uitstekende dekplante.

Plantwenke :

  • • Kies ’n plek in u tuin wat volson kry en waar die grond goed dreineer. Tiemie vaar besonder goed in effens sanderige grond.
  • Tiemie versprei redelik vinnig, plant dit dus minstens 30 cm van omringende kruieplante. Wanneer dit goed gevestig is, pluk gereeld blare en takkies om groei aan te moedig. 
  • Tiemie sal ook baat deur een keer per maand met vloeibare kunsmis gevoed te word.

Gebruike :

  • Gewone tiemie (thymus vulgaris) en sitroentiemie (thymus x citriodorus) is die gewildste soorte vir kosmaak. Tiemie is ’n besonder sterk krui wat sy geur goed behou wanneer dit by bredies en sop gevoeg word. Dit kombineer veral goed met lams- en tamatiegeregte.
  • Tiemie is ook ’n kragtige natuurlike antiseptiese middel en is baie nuttig om keel- en borsinfeksies te behandel. Maak ’n tee van tiemieblare, laat afkoel en gorrel dan drie keer per dag met die tee.
  • Baie tiemie-variëteite is uitstekende dekplante. Plant ranktiemie, Doone Valley-tiemie, groen tiemie en wit tiemie op sonnige plekke, in rotstuine of tussen plavleistene.

Shop online

divider