Kruie – Ment

divider

Kitchen gardening

Kruie – Ment

Ment is een van die maklikste kruisoorte om te kweek en dus ideaal vir iemand wat ’n kruietuin sonder sukkel wil vestig. Daarby is dit ’n meerjarige krui wat vir baie jare in u behoeftes sal voorsien. Dit is te kry in ’n wye reeks kultivars, van groenment tot sjokoladement!.

Kweekwenke :

  • Plant ment waar baie ruimte is (dit kan u tuin oorneem en sal die spasie van ander plante indring as dit te na daaraan geplant word). Dit moet verkieslik in gedeeltelike skadu geplant word, maar groei goed op feitlik enige plek en in enige soort grond.
  • Spasieer mentplante omtrent 30 cm van mekaar en hou die grond klam, maar nie deurweek nie. Wanneer die plante eers gevestig is, het hulle nie baie water nodig nie.
  • Oes blare deur dit af te knyp soos nodig. Onthou ook om kaal stamme uit te knyp om voller groei aan te moedig.
  • Aan die einde van die groeiseisoen moet u u mentplant goed terugsnoei en ’n dik deklaag gee.

Gebruike :

  • Mentblare kan gebruik word om ’n heerlik verfrissende tee te maak. Laat vars mentblare en gemmerwortel vir ’n paar minute in kookwater trek.
  • Mentblare kan gebruik word in potpourri, sowel as in tuisgemaakte skoonheidsprodukte, soos badmiddels en gesigmaskers.
  • Vars blare kan ook gedroog en in lugdigte houers gebêre word vir latere gebruik.