Herontdek Dahlias

divider

Flowering plants

Herontdek Dahlias

Dahlias gee helder, vrolike kleur aan die tuin en hul lang blomseisoen maak van hulle ’n wonderlike keuse vir tuiniers wat nie die tyd het om aanhoudend beddingplante te vervang nie. Hierdie ikoniese tuinskoonhede kom oorspronklik van Mexiko en is nou in ’n groot verskeidenheid spesies te kry, van miniatuurvariëteite met blomme wat net 2 cm in deursnee is tot reuse spesies met blomme so groot soos sopborde.

Dit moet u weet om hulle in u tuin te laat floreer :

  • Plant dahlias op ’n plek in u tuin wat die grootste deel van die dag son kry. Hoe meer son dahlias aan blootgestel word, hoe meer gehard raak hulle.
  • Berei die grond vooraf voor met kompos en goedverrotte mis. Plant dahlia-bolle omtrent 10 cm onder die grond, 75 cm van mekaar en maak die grond goed nat. Bedek die grond met ’n deklaag om die wortels koel en klam te hou.
  • Soos die dahliaplante groei, moet die sylote afgeknyp word om te verseker baie groot blomme ontwikkel. Stut die plante deeglik wanneer hulle omtrent 60 cm hoog is.
  • Met genoeg sonlig en water kan u verwag dat u dahlias van die somer tot redelik diep in die winter sal blom. Pluk gerus daarvan om in u huis te rangskik – hulle is uitstekende snyblomme.
  • Nie seker watter variëteite om te kies nie? Probeer die ligpers en wit ‘Foxtrot’, helderrooi ‘Sure Thing’, heldergeel ‘Gillian’ en ryk pers ‘Salsa’.

Shop online

divider