Boomplantwenke

divider

Trees, hedges and borders

Boomplantwenke

Boomplantweek word elke jaar in Suid-Afrika van 1-7 September gevier. Al is dit altyd ’n goeie tyd om ’n boom te plant, herinner hierdie nasionale week ons aan die belangrike rol wat bome in ons omgewing en gemeenskappe speel. Ons gee ’n paar wenke hieronder om u die beste bome vir u tuin te help kies, sowel as hoe om dit te plant.

Kies die regte boom vir u behoeftes :

  • Kyk eerstens na die grootte van u tuin. As u ’n kleinerige tuin het, is ’n boom wat tot 10 m hoog kan word, waarskynlik nie die beste keuse nie. Vra ’n tuinboukundige by een van ons vyf takke hoe hoog ’n boom kan word voordat u dit koop.
  • Waar gaan u die boom plant? As u dit langs ’n muur of plaveisel wil plant, moet u liefs ’n boom kies wat nie ’n indringende wortelstelsel het nie.
  • Gaan u kinders naby die boom speel? In daardie geval moet u nie ’n boom met dorings plant nie. Dorings kan egter voordelig wees as bykomende sekuriteit langs ’n grensmuur.
  • Word die boom naby ’n swembad geplant? Indien wel, moet liefs nie ’n bladwisselende boom kies nie, aangesien u die hele herfs sal swoeg om blare uit u swembad te haal.

Hoe om ’n boom te plant :

  • Spit ’n vierkantige gat van omtrent 60 x 60 cm. ’n Vierkantige gat moedig die wortels van die boom aan om sywaarts te groei, wat die boom stewiger maak.
  • Gooi ’n graafvol kompos en ’n halfkoppie elk beenmeel en 2:3:2-kunsmis in die gat.
  • Voeg van die grond wat u uit die gat gespit het by en meng alles goed. Vul die gat met water. Wag dat die water dreineer.
  • Verwyder die plantsak en sit die boom in die gat, so diep soos wat dit in die sak was.
  • Gebruik nog van die grond wat u aanvanklik uitgespit het om die boom deeglik vas te druk. Maak goed nat.
  • Voed u nuwe boom met ’n aanwending van 2:3:2, omtrent ’n maand nadat dit geplant is.

Shop online

divider