Fokus op Orgidee

divider

DIY and how-to

Close-up of orchid flowers in shades of yellow, orange, and purple against a black background.

Fokus op Orgidee

Orgideë is van die skouspelagtigste blomplante wat daar is. Hulle is in ’n oneindige verskeidenheid kleure, vorms en groottes te kry en baie daarvan is wonderlike huisplante. Hulle kan ook uiters geurig wees, met heerlike reuke van klapper of sjokolade.
As u eers die basiese beginsels van die versorging van orgideë verstaan, sal u dit kan kweek en laat blom!

Water vir u orgideë – Gee altyd vroeg soggens water sodat u orgideë teen die aand kan uitdroog. Die gereeldheid van watergee sal afhang van die klimaatstoestande waar u woon. Gewoonlik gee u een keer per week water in die winter en twee keer per week wanneer die weer warm en droog begin raak. Die grootte van u orgidee-houer help bepaal ook hoe dikwels u water hoef te gee, ongeag die klimaatstoestande. ’n Pot van 15 cm moet elke 7 dae water kry en ’n pot van 10 cm elke 5 tot 6 dae.

Nadat u orgideë geblom het – Wanneer u orgideë klaar geblom het, moet die blomstingel (ook die ‘bloeispil’ of ‘blomaar’ genoem) gewoonlik verwyder word. In baie gevalle is dit belangrik vir die welstand van die plant en om dit aan te moedig om weer goed te blom in die volgende seisoen.

Hoeveel lig het orgideë nodig – Verskillende soorte orgideë kan oral aangetref word, van diep skadu tot volson. Meestal het die orgideë wat ons tuis kweek, minstens helder, indirekte lig nodig en in sommige gevalle direkte sonlig. Die maklikste manier om vas te stel of u orgideë genoeg lig kry, is om na die blare te kyk. Blouerige groen of donkergroen sagte blare beteken gewoonlik onvoldoende lig. Aan die anderkant dui geelverbleikte blare, of in die geval van sommige orgideë, donkerrooierige kolle op blare, op te veel lig. Mik liefs vir blare wat liggroen van kleur is. As u plant goed blom, beteken dit die plant kry waarskynlik die beste lig. Die soort blare gee u ook ’n aanduiding van hoeveel lig ’n plant kan verdra. Orgideë wat minder lig verkies, het dikwels smaller of slap blare.

Hoe om orgideë soos ’n kenner te koop :

  • Koop volwasse, blommende grootte plante. Volwasse plante is sterker as jong saailinge en kan moontlik foute beter verdra, veral as u ’n beginner is. Dit is dalk duurder, maar sal gouer as saailinge blom en sal aan u die moed en ervaring gee wat u nodig het om jonger plante te kweek.
  • Koop orgideë wat in u toestande kan groei. Kies plante wat die geskikste vir u groei-omgewing is om teleurstelling te voorkom. Phalaenopsis (vlinderorgideë) is waarskynlik die beste soort vir beginners.
  • Wees eerlik oor die toestande wat u kan voorsien.

As ’n plant verskeie ure volson moet kry, sal indirekte lig nie geskik wees nie. As dit 70% of meer vogtigheid moet hê, sal dit nie help om die plant in die badkamer te sit nie. Onthou, as u moet sukkel om spesiale toestande vir u orgideë te skep, sal nie u of u plante gelukkig wees nie. Baie orgideë aard die beste in ’n kweekhuis, nie op ’n vensterbank nie.

Kies u plante versigtig

  • Kies u plant versigtig deur dit noukeurig van naderby te bekyk voordat u dit koop.
  • Blare en bolle moet ferm wees.
  • Blare moet eenders groen of liggroen wees.
  • Plante moet stewig in hul potte vas wees, nie wankelrig of los nie.
  • As wortels by die pot/stam uitsteek, moet dit ferm en wit wees met gesonde groen punte.
  • Die potplantgrond moet klam wees. As dit nat en verrottend is, of kurkdroog, kies ’n ander plant.
  • As plante blom, koop liefs een waarvan die helfte van die blomme oop is en die res nog knoppe is. Dit sal verseker dat u langer blomme sal hê.